Psalms 24:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. So iemand sal van die Here seën ontvang,en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.

6. Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,is die geslag van Jakob. Sela

7. Verbly julle, poorte,wees bly, eeue-oue deure,want die magtige Koning wil ingaan!

8. Wie is hierdie magtige Koning?Die Here, sterk en geweldig,die Here, oorwinnaar in elke stryd.

9. Verbly julle, poorte,wees bly, eeue-oue deure,want die magtige Koning wil ingaan!

10. Wie is Hy, hierdie magtige Koning?Die Here, die Almagtige,Hy is die magtige Koning. Sela

Psalms 24