Psalms 19:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Die hemel getuig van die mag van God,die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

3. Die een dag gee die berig deur aan die anderen die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

4. Sonder spraak en sonder woorde,onhoorbaar is hulle stem.

5. Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêrelden hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.

6. As hy stralend begin om sy baan te volg,is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.

7. Aan die een kant van die hemel kom hy open aan die ander kant gaan hy onder,en niks ontkom aan sy gloed nie.

Psalms 19