33. God omgord my met krag;Hy maak my pad voorspoedig.
34. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok;op hoë plekke laat Hy my stewig staan.
35. Hy leer my hande om oorlog te maak,my arms om selfs die stramste boog te span.
36. Die redding wat U gebring het,was vir my 'n beskerming,u regterhand het my ondersteun,deur u hulp het ek sterk geword.
37. U het my ruim vastrapplek gegee,my enkels het nie geswik nie.
38. Ek het my vyande agtervolg en ingehaal,ek het nie omgedraai voordat hulle uitgewis was nie.
39. Ja, ek het hulle verpletter,sodat hulle nie weer kon opstaan nie.Hulle het voor my voete gesneuwel.