Psalms 16:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Here, U is my lewe, U sorg vir my.Wat ek ontvang, kom alles van U af.

6. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet,ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.

7. Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.

8. Ek het die Here altyd by my:omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

9. Daarom is ek bly en juig eken voel ek my veilig.

10. U gee my nie oor aan die dood nie.U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.

11. U leer my hoe om te lewe.By U is daar oorvloedige blydskap.Uit u hand kom net wat mooi is.

Psalms 16