Psalms 141:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Psalm van Dawid.Ek roep na U, Here, kom tog gou na my toe,luister tog na my, ek roep na U.

2. Mag my gebed voor U wees soos 'n wierookoffer,die uitstrek van my hande soos 'n graanoffer in die aand.

3. Sit 'n wag voor my mond, Here,hou tog wag oor wat ek sê.

4. Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge,dat ek nie in sonde vervalsaam met manne wat onreg doen nie,en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.

5. 'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys,maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie,want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.

Psalms 141