7. Hy laat die wolke opkom oor die horison,Hy maak die weerligstrale vir die reënen bring die wind te voorskyn.
8. Hy het die eerstelinge in Egipte getref,mense sowel as diere;
9. Hy het oor jou, Egipte, groot en skrikwekkende dinge gebring,oor die farao en al sy amptenare;
10. Hy het baie nasies verslaanen magtige konings laat sneuwel:
11. koning Sihon van die Amoriete,koning Og van Basan,en al die konings in Kanaän.
12. Hy het hulle land as geskenk aan Israel gegee,as geskenk aan sy volk.
13. Here, U is altyd daar,U is daar van geslag tot geslag.