Psalms 119:92-100 Afrikaans 1983 (AFR83)

92. As ek my nie in u wet verlustig het nie,het ek omgekom in my ellende.

93. Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie,want deur hulle het U my in die lewe gehou.

94. Ek behoort aan U, red my,want ek vra steeds wat u bevele is.

95. Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig,u verordeninge sal ek in ag bly neem.

96. Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het,net u gebod het geen begrensing nie.

97. Hoe lief het ek u wet!Dit bly my elke oomblik by.

98. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het,en is altyd by my.

99. Ek munt uit bo al my leermeesters,want u verordeninge bly my by.

100. Ek het meer insig as ouer mense,want ek gehoorsaam u bevele.

Psalms 119