Psalms 119:59-72 Afrikaans 1983 (AFR83)

59. Ek het die koers van my lewe oordinken na u verordeninge teruggekeer.

60. Ek talm nie, ek haas myom u gebooie te onderhou.”

61. Die goddeloses wou my in hulle strikke kry,maar ek het u wet nie verontagsaam nie.

62. Selfs in die middel van die nag staan ek opom U te loof vir u regverdige bepalings.

63. Ek is 'n vriend van almal wat U dienen u bevele gehoorsaam.

64. Die aarde is vol van u troue liefde, Here.Leer my u voorskrifte.

65. U het aan my goed gedoen, Here,soos U beloof het.

66. Gee my goeie insig en kennis,want ek stel my vertroue in u gebooie.

67. Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal,maar nou hou ek my aan u woord.

68. U is goed en U doen goed;leer my u voorskrifte.

69. Hovaardige mense beswadder my,maar ek voer u bevele uit met my hele hart.

70. Hulle staan koud teenoor u wet,maar ék verlustig my daarin.

71. Dit is vir my goed dat ek swaargekry het,want daardeur het ek u voorskrifte geleer.

72. U wet is vir my kosbaarderas 'n oorvloed van goud en silwer.

Psalms 119