Psalms 119:150-153 Afrikaans 1983 (AFR83)

150. Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader,maar van u wet af bly hulle ver.

151. U is by my, Here,alles wat U gebied het, staan vas.

152. Van lankal af weet ek van u verordeningedat U hulle altyd vas laat staan.

153. Aanskou tog my ellende en red my,want u wet het ek nie verontagsaam nie.

Psalms 119