Psalms 119:122-131 Afrikaans 1983 (AFR83)

122. Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan,moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie.

123. Ek smag na die bevryding wat U bring,na u woord wat my red.

124. Handel met my volgens u troue liefde,leer my u voorskrifte.

125. Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge.

126. Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree.

127. Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud.

128. Daarom leef ek nougeset volgens al u beveleen haat ek elke verkeerde pad.

129. U verordeninge is wonderlik,daarom kom ek hulle na.

130. Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig;dit gee insig aan dié wat nog onervare is.

131. Met my hele wese smag ek na u gebooie,verlang ek daarna.

Psalms 119