Psalms 112:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleenen in al sy sake reg optree.

6. Die regverdige sal nooit wankel nie,hy sal altyd onthou word.

7. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie,hy is gerus, hy vertrou op die Here.

8. Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie:hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.

9. Hy gee mildelik vir die armes.Wat hy doen, is reg en blywend.Hy geniet hoë aansien.

Psalms 112