Psalms 112:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Prys die Here!Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien,wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.

2. Sy nageslag is 'n sterk krag in die land,die geslag van die opregte word geseën:

3. daar is oorvloed en rykdom in sy huis.Wat hy doen, is reg en blywend:

4. hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes,hy is genadig, barmhartig en regverdig.

Psalms 112