Psalms 109:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm.U is die God wat ek altyd loof,moet tog nie my gebede onverhoord laat nie!

2. Dit is goddelose mense en leuenaars wat my aankla.Hulle getuig vals teen my,

3. met woorde vol haat tref hulle my van alle kante,sonder enige rede val hulle my aan.

4. My liefde beantwoord hulle met vyandskap,en dit terwyl ek nog altyd vir hulle gebid het.

5. So vergeld hulle my met kwaad vir goeden haat vir liefde, en hulle sê:

6. “Stel 'n misdadiger aan as sy regter,laat een wat vyandig is, hom aankla;

7. sorg dat hy skuldig bevind word,laat selfs sy gebed teen hom tel as 'n misdaad.

8. Laat sy lewe kort weesen laat 'n ander sy amp oorneem!

9. Mag sy kinders wees word,sy vrou 'n weduwee!

10. Laat sy kinders as bedelaars rondswerfen tussen die puinhope van hulle huise kos soek.

11. Laat die skuldeiser beslag lê op al sy besittings,laat vreemdes plunder wat hy met moeite bymekaargemaak het!

12. Laat niemand aan hom liefde bewys nie,laat niemand hom die lot van sy kinders aantrek nie.

13. Laat sy nageslag uitgeroei word,laat hulle naam binne een geslag uitgewis wees!

14. Mag die Here die ongeregtigheid van sy voorvaders nie vergeet nie,mag die sonde van sy moeder nooit uitgewis word nie!

15. Laat dit voortdurend vir die Here bly bestaan,maar laat hulle naam van die aarde af gevee word

16. omdat hy nie daaraan gedink het om liefde te bewys nie:hy het die mens in nood en die arme,dié wat plat geslaan is, tot die dood toe vervolg.

Psalms 109