Psalms 108:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Lied. 'n Psalm van Dawid.

2. Ek voel weer veilig, o God,ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing,

3. ek wil vroeg opstaan,met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!

4. Onder die volke wil ek U loof, Here,onder die nasies u lof besing,

5. want u liefde reik tot in die hemel,u trou tot in die wolke.

6. Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,hoog bo die aarde u mag.

Psalms 108