27. en het soos dronk mense gesteier en gewaggel;al hulle seemanskuns het niks gehelp nie.
28. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei.
29. Hy het die stormwind stilgemaak,en die golwe van die see het bedaar.
30. Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte.God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.
31. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
32. Hulle moet van sy grootheid getuig in die volksvergadering,Hom prys in die byeenkoms van die leiers.
33. Hy verander waterryke gebied in woestyn,fonteinwêreld in dorsland,