Psalms 107:11-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. want hulle het hulle verset teen die bevele van God,hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.

12. Hy het hulle laat knak onder swaarkry,hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.

13. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,en Hy het hulle bevry van hulle ellende.

14. Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom,Hy het hulle boeie stukkend gebreek.

15. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen,

16. want Hy het koperdeure oopgebreek,ystergrendels stukkend geslaan.

17. Party het dwaas opgetree,en deur hulle rebelse optrede, hulle sonde,het hulle in die ellende beland.

Psalms 107