Psalms 106:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Dit gaan goed met mense wat die reg handhaaf,wat by elke geleentheid geregtigheid doen.

4. Dink aan my, Here, in u liefde vir u volk,sluit my ook in by u redding,

5. dat ek die voorspoed van u uitverkorenes mag aanskouen mag deel in die blydskap van u volk,my mag verheug saam met dié wat aan U behoort.

6. Ons het gesondig, net soos ons voorvaders,ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig.

7. Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie,hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie,hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee.

8. Maar Hy het hulle gered ter wille van die eer van sy Naamen om sy mag bekend te maak.

Psalms 106