29. Hulle het die Here uitgetart met wat hulle gedoen het,en 'n plaag het onder hulle uitgebreek.
30. Pinehas het opgetree en die skuldiges gestraf,en die plaag het opgehou.
31. Dié optrede is deur al die geslagte heenvir Pinehas as 'n daad van geregtigheid toegereken.
32. Die volk het die Here se toorn by die Meribawaters laat ontvlam,en Moses het die wrange vrugte van hulle optrede gepluk:
33. hulle het hom so verbitterd laat raakdat hy onbesonne dinge gesê het.
34. Hulle het nie die ander volke uitgeroeisoos die Here hulle beveel het nie,
35. maar hulle met die heidene vermengen húlle praktyke aangeleer: