Psalms 105:40-45 Afrikaans 1983 (AFR83)

40. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat komen sy volk met brood uit die hemel versadig.

41. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroomwat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het.

42. Ja, Hy het sy heilige belofteaan sy dienaar Abraham gestand gedoen

43. en sy volk juigend,sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek.

44. Vir hulle het Hydie heidene se lande gegee;wat deur ander volke met moeite verkry is,het hulle in besit geneem.

45. Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaamen sy wil doen.Prys die Here!

Psalms 105