Psalms 105:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Roem sy heilige Naam,laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.

4. Soek hulp en beskerming by die Here,soek gedurig sy teenwoordigheid.

5. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,

6. julle, nageslag van Abraham sy dienaar,nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.

7. Hy, die Here, is ons God;sy reddingsdade strek oor die hele aarde.

8. Hy hou sy verbond altyd in stand,die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,

Psalms 105