Psalms 103:7-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak,aan Israel wat Hy van plan was om te doen.

8. Barmhartig en genadig is die Here,lankmoedig en vol liefde.

9. Hy sal ons ons sonde nie bly toerekenen nie vir ewig toornig bly nie.

10. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,

11. want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.

12. So ver as die ooste van die weste af is,so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.

13. Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.

14. Hy weet waarvan ons gemaak is,Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.

15. Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras,soos dié van 'n veldblom wat oopgaan:

Psalms 103