Psalms 102:12-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Soos 'n skaduwee wat lank word, is my lewe naby sy einde,ek is soos verdroogde gras.

13. U, Here, U heers vir altyd,U is daar van geslag tot geslag.

14. U sal ingryp en U oor Sion ontferm,want die bestemde tyd het aangebreek,die tyd om hom genadig te wees.

15. Ons, u dienaars, het elke klip van Sion lief,ons is bewoë oor sy puin.

16. Die nasies sal die Here vreesen al die konings van die aarde sy mag,

17. want die Here gaan Sion weer opbouwanneer Hy in sy mag verskyn.

18. Hy luister na die gebed van dié wat alles verloor het,Hy sal hulle gebed nie verag nie.

Psalms 102