Prediker 7:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie aantrek as jou slaaf jou verwens nie.

22. Jy weet hoe baie kere jy self ander verwens het.

23. Ek het alles met die hulp van wysheid getoets.Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly.

24. Die betekenis van wat gebeur, lê buite bereik,baie diep; wie kan dit vind?

25. Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en ek het toe vasgestel dat goddelose optrede dwaasheid is, dat onverstandige optrede geen doel dien nie.

26. Ek het gevind:'n vrou wat strikke stel vir mans,is erger as die dood self.Haar bekoorlikheid is 'n vangnet,in haar arms is jy 'n gevangene.Wie voor God reg lewe, vermy haar,maar die sondaar laat hom deur haar vang.

27. Dit het ek gevind, sê die Prediker,toe ek een en een bymekaargesit hetom die regte insig te kry.

28. Wat ek nog altyd soek,het ek nie gevind nie.Ek het wel uit duisend mense een betroubare man gevind,maar so 'n vrou het ek onder hulle nie gevind nie.

Prediker 7