Prediker 7:17-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Moenie aanhou verkeerd doen nie,moenie dwaas wees nie;waarom voor jou tyd doodgaan?

18. Dit is goed dat jy aan die een vermaning vashouen die ander ook nie laat los nie,want hy wat vir God dien, gehoorsaam altwee.

19. Wysheid gee aan dié wat dit het,meer mag as wat tien maghebbers in 'n stad het.

20. Daar is geen mens op aarde regverdig nie,niemand wat net goed doen en nie sondig nie.

21. Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie aantrek as jou slaaf jou verwens nie.

22. Jy weet hoe baie kere jy self ander verwens het.

23. Ek het alles met die hulp van wysheid getoets.Ek wou wysheid bekom, maar dit het buite my bereik gebly.

24. Die betekenis van wat gebeur, lê buite bereik,baie diep; wie kan dit vind?

25. Ek het my opnuut daaraan gewy om te wete te kom, na te vors en te ondersoek wat wysheid en insig is, en ek het toe vasgestel dat goddelose optrede dwaasheid is, dat onverstandige optrede geen doel dien nie.

Prediker 7