10. Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie;dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie.
11. Wysheid saam met besittings is goed;dit is 'n voordeel vir elkeen wat leef.
12. Wysheid bied beskerming soos geld beskerming bied;kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.
13. Kyk na die werk van God:wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?
14. Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teëspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.