1. 'n Goeie naam is beter as reukolie,die sterfdag beter as die geboortedag.
2. Dit is beter om na 'n huis toe te gaan waar daar gerou wordas na 'n huis waar daar feesgevier word.Elkeen wat lewe, moet ter harte neemwat die uiteinde van die mens is.
3. Droefheid is beter as lag;agter 'n somber gesig skuil 'n helder gees.
4. Wie wysheid het, voel hom tuis waar daar gerou word,die dwaas voel hom tuis waar daar plesier is.
5. Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het,as om besing te word deur 'n dwaas.