Prediker 6:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. 'n Doodgebore baba kom tot niks, dit sien nooit die lig nie en kry nie eens 'n naam nie.

5. Dit sien nie die son nie en weet niks nie. Tog is dit beter daaraan toe as iemand

6. wat nie die goeie van die lewe kan geniet nie, al leef hy twee maal duisend jaar. Altwee gaan na dieselfde plek toe.

7. Die mens sloof hom af vir kos,maar sy honger word nooit gestil nie.

8. Watter voordeel het die man met wysheid bo die dwaas? Wat help dit die arme om te weet hoe hy hom moet gedra?

Prediker 6