Prediker 2:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ek het vir my damme gemaak om die lappe jong bome nat te lei.

7. Ek het slawe en slavinne aangeskaf, en hulle het kinders gekry wat ook my slawe was. Ek het baie beeste en kleinvee gehad, meer as almal voor my in Jerusalem.

8. Ek het vir my silwer en goud opgegaar wat ek gekry het van konings en provinsies. Ek het vir my sangers en sangeresse gewerf, talle mooi meisies met wie ek die lewe kon geniet.

9. Ek was magtiger en ryker as almal voor my in Jerusalem. My wysheid het my goed te pas gekom.

10. Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie. Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf. Dit was my beloning vir al my inspanning.

11. Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.

12. Ek het goed nagedink om vas te stel wat dit is om wysheid te hê of om nie wysheid en kennis te hê nie. Wat anders kan 'n koning se opvolger doen as wat reeds gedoen is?

13. Dit het ek wel ingesien dat dit 'n mens meer baat om wysheid te hê as om dit nie te hê nie, net soos lig 'n mens meer baat as duisternis.

Prediker 2