Prediker 2:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. 'n Mens wat met wysheid en kennis gewerk en sukses behaal het, laat sy besittings na aan een wat glad nie daarvoor gewerk het nie. Dit is nie reg nie. Ook dit kom dus tot niks.

22. Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie wêreld besig hou?

23. Elke dag bring vir hom pynen elke onderneming ergernis;selfs snags kom hy nie tot rus nie.Ook dit kom tot niks.

24. Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is.

25. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?

26. Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is.Ook hier kom dit dus tot niks.Dit is 'n gejaag na wind.

Prediker 2