1. Ek het by myself gedink:laat ek my oorgee aan plesier,laat ek die lewe geniet!Maar ook dit het niks opgelewer nie.
2. Van lag moes ek sê: dis sinloos,en van plesier: wat bring dit?
3. Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my aan wyn oorgee maar tog nog op soek bly na wysheid, as ek soos 'n dwaas leef totdat ek vasgestel het wat die beste is waarmee 'n mens hom sy lewe lank in hierdie wêreld besig kan hou.
4. Ek het groot ondernemings aangepak: ek het vir my huise gebou en wingerde geplant.
5. Ek het vir my tuine en parke aangelê en allerhande soorte vrugtebome daarin geplant.
6. Ek het vir my damme gemaak om die lappe jong bome nat te lei.