9. Die Prediker was nie net 'n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak.
10. Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken.
11. Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.
12. Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie 'n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam.
13. Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.
14. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.