Prediker 12:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. die tyd wanneer die stof na die aarde toe terugkeer soos dit was,en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.

8. Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.

9. Die Prediker was nie net 'n man met wysheid nie, hy het ook die volk onderrig. Hy het nagedink, nagevors en baie spreuke gemaak.

10. Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken.

11. Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.

12. Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie 'n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam.

Prediker 12