Prediker 10:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Die dwaas praat aanmekaar,maar geen mens weet wat sal gebeur nie,en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.

15. Die dwaas put homself uit met wat hy doen;hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie.

16. Ellende wag vir die land waarvan 'n slaaf koning isen waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier.

17. Dit gaan goed met die landwaarvan die koning vir homself kan besluiten waar amptenare op die regte tyd feesvier,met selfbeheersing en nie met 'n drinkery nie.

18. Luiheid laat die dak inval,slap hande laat die huis lek.

19. Eet bring plesier,wyn vrolik die lewe op,maar alles kos geld.

20. Moenie die koning verwens nie, nie eens in jou gedagte nie,moenie die ryke verwens nie, nie eens in jou slaapkamer nie;die voëltjies kan oorvertel wat jy gesê het,hulle kan jou woorde oordra.

Prediker 10