16. Soos julle, my volk Jakob, die oordeelsbeker moes drinkop my heilige berg,so sal die ander nasies dit drink, maar sonder ophou,hulle sal drink en sluk,en hulle sal word asof hulle nooit bestaan het nie.
17. Maar op Sionsberg sal daar uitkoms kom,dit sal weer 'n heilige plek wees.Die volk van Jakob sal weer in besit neemwat aan hom behoort.
18. Die volk van Jakob sal die vuur wees,die volk van Josef die vlam,en die volk van Esau die strooi:Josef sal hom brand en hom verteer,en van die volk van Esau sal niemand oorbly nie.Die Here het dit gesê.
19. Mense uit die Suidland sal die bergland van Esau in besit neem,mense uit die Laeveld die gebied van die Filistyne.Jakob sal die Efraimsvelde in besit neem,en die veld van Samaria, Benjamin en Gilead.
20. Dieselfde Israeliete wat in ballingskap weggevoer is,sal Kanaän in besit neem tot by Sarfat;die mense van Jerusalem wat nou ballinge in Sefarad is,sal die stede in die Suidland in besit neem.
21. Die bevrydes op Sionsberg sal optrekom oor die bergland van Esau te regeer,en die heerskappy sal aan die Here behoort.