13. jy moes nie die poorte van my volk binnegegaan hetdie dag toe die ramp hom getref het nie;jy moes jou nie ook verlekker het in sy ongelukdie dag toe die ramp hom getref het nie;jy moes nie sy besittings geroof hetdie dag toe die ramp hom getref het nie;
14. jy moes nie by die kruispaaie gaan staan hetom sy vlugtelinge dood te maak nie;jy moes nie sy oorlewendes uitgelewer hetdie dag toe die ellende hom getref het nie.
15. Die dag van die Here is naby,naby vir al die nasies.Wat jy gedoen het, Edom, sal aan jou gedoen word,jou dade sal op jou eie kop afkom.
16. Soos julle, my volk Jakob, die oordeelsbeker moes drinkop my heilige berg,so sal die ander nasies dit drink, maar sonder ophou,hulle sal drink en sluk,en hulle sal word asof hulle nooit bestaan het nie.