Obadja 1:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die openbaring wat Obadja ontvang het. So sê die Here my God oor Edom:Ons het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê: “Maak klaar, kom ons gaan maak oorlog teen Edom!”

2. Die Here het gesê:Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke,jy sal glad nie meer gereken word nie.

3. Jy is deur jou vermetelheid mislei,jy wat daar in die klipskeure sit,wie se woonplek hoog in die berge is,jy wat dink: wie sal my hier afkry grond toe?

4. Al bou jy daar in die hoogte soos 'n aasvoël,al sit jy jou nes tussen die sterre,Ek sal jou daar afhaal, sê die Here.

5. As diewe of rowers in die nag na jou toe kom,sou jy nie bly stilsit nie,al steel hulle net tot hulle genoeg het;as ander jou wingerd kom afoes,sou hulle van die druiwetrosse laat agterbly;

6. maar jy, land van Esau, sal gefynkam word;alles wat jy weggesteek het, sal gestroop word.

7. Al jou eie bondgenote sal jou oor jou grense jaagen jou in die steek laat.Jou eie vriende sal jou oorrompel,mense vir wie jy kos gegee het,sal vir jou strikke stel waar jy dit nie verwag nie.

8. Dit is wat daardie dag sal gebeur, sê die Here.Ek sal die wyse mense uitroei uit Edom,Ek sal die slim mense uitroei uit die bergland van Esau.

Obadja 1