1. Nadat Moses klaar was met die oprigting van die tabernakel het hy die tent met al sy toebehore en ook die altaar met al sy gereedskap gesalf en aan die diens van die Here gewy.
2. Die leiers van Israel, die familiehoofde en stamleiers wat die sensus opgeneem het, het offergawes gebring.
3. Hulle het as offergawes ses tentwaens en twaalf osse gebring, 'n wa namens elke twee leiers, en 'n os namens elkeen afsonderlik. Hulle het dit na die tabernakel toe gebring.
4. Die Here sê toe vir Moses:
5. “Vat hulle offergawes en gebruik dit in die diens van die tent van ontmoeting; gee dit aan die Leviete vir die werk wat elkeen van hulle moet verrig.”
6. Moses het die waens en osse ontvang en aan die Leviete gegee:
9. Moses het nie waens en osse aan die Kehatgroep gegee nie, want hulle moes die gewyde voorwerpe op hulle skouers dra.
10. Die dag toe die altaar vir gebruik gesalf is, het die leiers hulle offergawes vir die inwyding na die altaar toe gebring.