Numeri 4:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. “Hulle moet al die gereedskap neem wat vir die diens in die heiligdom nodig is, en dit op 'n blou doek sit. Dan moet hulle dit met 'n seil van gebreide vel toemaak en so op die draagbaar neersit.

13. Hulle moet die as van die altaar afvee en dan 'n pers doek oor die altaar gooi.

14. Al die gereedskap wat hulle vir die diens by die altaar gebruik, moet hulle op die doek neersit: al die vuurpanne, vurke, skoppe en komme, kortom, al die altaargereedskap, en dit met 'n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die draaghoute insteek.

15. “Net voor die kamp versit, moet Aäron en sy seuns eers die gewyde voorwerpe saam met hulle gereedskap toemaak, en dan moet die Kehatiete nader kom om dit te dra. Hulle mag nie aan die gewyde voorwerpe raak nie, want dan sal hulle sterwe. Hierdie voorwerpe van die tent van ontmoeting moet deur die Kehatiete gedra word.

Numeri 4