Numeri 34:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in Kanaän kom, moet die land wat vir julle as besitting aangewys is, die volgende grense hê:

3. “Julle suidgrens is die grens van die Suidland, van die Sinwoestyn af tot teen Edom. Aan die oostekant begin hierdie grens by die suidelike punt van die Soutsee,

4. daarvandaan draai dit suid van Skerpioenpas weg en loop dit deur tot by Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea tot by Gasar-Addar en dan verby tot by Asmon,

5. waar dit wegdraai en met Egiptespruit langs loop tot by die see.

6. “Julle wesgrens is die Groot See.

7. “Julle noordgrens moet loop van die Groot See af: trek 'n lyn van daar af tot by Horberg in die noorde,

Numeri 34