40. Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Suidland van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.
41. Die Israeliete het Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan.
42. Hulle het Salmona verlaat en by Punon kamp opgeslaan.
43. Hulle het Punon verlaat en by Obot kamp opgeslaan.
44. Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim aan die grens van Moab kamp opgeslaan.
45. Hulle het Ije-Abarim verlaat en by Dibon-Gad kamp opgeslaan.
46. Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan.
47. Hulle het Almon-Diblatajim verlaat en in die Abarimberge regoor Nebo kamp opgeslaan.
48. Hulle het die Abarimberge verlaat en in die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo kamp opgeslaan.
49. Daar in die Moabsvlakte aan die Jordaan, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan.
50. In die Moabsvlakte aan die Jordaan regoor Jerigo het die Here vir Moses gesê: