27. Hulle het Tagat verlaat en by Terag kamp opgeslaan.
28. Hulle het Terag verlaat en by Mitka kamp opgeslaan.
29. Hulle het Mitka verlaat en by Gasmona kamp opgeslaan.
30. Hulle het Gasmona verlaat en by Moserot kamp opgeslaan.
31. Hulle het Moserot verlaat en by Bene-Jaäkan kamp opgeslaan.
32. Hulle het Bene-Jaäkan verlaat en by Gor-Gidgad kamp opgeslaan.
33. Hulle het Gor-Gidgad verlaat en by Jotbata kamp opgeslaan.
34. Hulle het Jotbata verlaat en by Abrona kamp opgeslaan.
35. Hulle het Abrona verlaat en by Esjon-Geber kamp opgeslaan.
36. Hulle het Esjon-Geber verlaat en by Kades in die Sinwoestyn kamp opgeslaan.
37. Hulle het Kades verlaat en by Horberg aan die grens van Edom kamp opgeslaan.
38. Op bevel van die Here het die priester Aäron teen Horberg uitgeklim en daar op die eerste van die vyfde maand in die veertigste jaar ná die Israeliete se uittog uit Egipte gesterf.
39. Aäron was honderd drie en twintig jaar toe hy op Horberg dood is.
40. Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Suidland van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.