Numeri 29:32-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. “Op die sewende dag moet julle sewe bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

33. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

34. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

35. “Die agste dag moet julle ook as 'n feesdag deurbring; dan mag julle geen gewone werk doen nie.

Numeri 29