Numeri 29:24-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

25. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

26. “Op die vyfde dag moet julle nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

27. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

28. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

29. “Op die sesde dag moet julle ag bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

30. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

31. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby.

32. “Op die sewende dag moet julle sewe bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

33. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

34. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

35. “Die agste dag moet julle ook as 'n feesdag deurbring; dan mag julle geen gewone werk doen nie.

36. Julle moet as brandoffer wat deur die Here aanvaar word, 'n bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

Numeri 29