Numeri 29:20-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. “Op die derde dag moet julle elf bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

21. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

22. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring, afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

23. “Op die vierde dag moet julle tien bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

24. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

25. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

26. “Op die vyfde dag moet julle nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

27. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

28. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

Numeri 29