Numeri 29:17-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. “Op die tweede dag van die fees moet julle twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

18. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

19. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby.

20. “Op die derde dag moet julle elf bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

21. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

22. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring, afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

23. “Op die vierde dag moet julle tien bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

24. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

25. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

26. “Op die vyfde dag moet julle nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

27. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

28. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graan- en die drankoffer daarby.

29. “Op die sesde dag moet julle ag bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers offer, almal sonder liggaamsgebrek,

30. en daarmee saam die hoeveelheid graan- en drankoffers soos dit bepaal is.

31. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring afgesien van die gereelde brandoffer met die graanoffer en die drankoffers daarby.

Numeri 29