1. “Op die eerste van die sewende maand moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees; dan mag julle geen gewone werk doen nie. Dit is 'n dag vol feesvreugde vir julle.
2. Julle moet as brandoffer, wat deur die Here aanvaar word, 'n jong bul, 'n ram en sewe jaaroud lammers bring, almal sonder liggaamsgebrek.
3. Saam met die bul moet julle 'n graanoffer bring van vyf kilogram meel gemeng met olie, saam met die ram drie kilogram,
4. en saam met elk van die sewe lammers een en 'n half kilogram.
5. Julle moet ook nog 'n bokram as sondeoffer bring om vir julle versoening te doen.