Numeri 26:58-65 Afrikaans 1983 (AFR83)

58. en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram,

59. en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam.

60. Aäron was die vader van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

61. Nadab en Abihu is dood toe hulle ongeoorloofde vuur na die altaar toe gebring het.

62. Die Leviete van 'n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie self eiendom onder die Israeliete gekry nie.

63. Al hierdie mense is getel deur Moses en die priester Eleasar in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan.

64. Onder hulle was daar egter niemand van die Israeliete wat deur Moses en die priester Aäron in die Sinaiwoestyn getel is nie.

65. Die Here het destyds vir daardie Israeliete gesê dat hulle beslis in die woestyn sou sterf. Nie een van húlle het toe oorgebly nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.

Numeri 26