49. Jeser en Sillem.
50. Die Naftalifamilies was altesaam 45 400 man.
51. Die Israeliete was altesaam 601 730 man.
52. Daarna het die Here vir Moses gesê:
53. “Verdeel nou die land tussen die families en gee aan elkeen 'n eiendom volgens sy grootte:
54. aan 'n groot familie 'n groot eiendom en aan 'n klein familie 'n kleiner eiendom. Elkeen moet sy eiendom ontvang ooreenkomstig sy getal.
55. Die land moet verdeel word deur te loot. Elke stam moet 'n eiendom ontvang.
56. Bepaal vir elkeen sy eiendom deur loting tussen die groter en die kleiner stamme.”
57. Die Levifamilies wat getel is, was dié van Gerson, Kehat en Merari
58. en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram,
59. en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam.