Numeri 26:35-51 Afrikaans 1983 (AFR83)

35. Die Efraimfamilies was dié van Sutelag, Beker en Tagan.

36. Eran was uit die Sutelagfamilie.

37. Die Efraimfamilies was altesaam 32 500 man. Dit was al die Joseffamilies.

38. Die Benjaminfamilies was dié van Bela, Asbel, Agiram,

39. Sefufam en Gufam.

40. Die Belafamilies was dié van Ard en Naäman.

41. Die Benjaminfamilies was altesaam 45 600 man.

42. Die Danfamilie was dié van Sugam en sy nageslag. Dit was die enigste Danfamilie.

43. Die Sugamfamilie was altesaam 64 400 man.

44. Die Aserfamilies was dié van Jimna, Jiswi en Beria.

45. Die Beriafamilies was dié van Geber en Malkiël.

46. Aser het ook 'n dogter gehad, Serag.

47. Die Aserfamilies was altesaam 53 400 man.

48. Die Naftalifamilies was dié van Jagseël, Guni,

49. Jeser en Sillem.

50. Die Naftalifamilies was altesaam 45 400 man.

51. Die Israeliete was altesaam 601 730 man.

Numeri 26