33. en Selofgad. Selofgad seun van Gefer het nie seuns gehad nie, net dogters. Sy dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
34. Die Manassefamilies was altesaam 52 700 man.
35. Die Efraimfamilies was dié van Sutelag, Beker en Tagan.
36. Eran was uit die Sutelagfamilie.
37. Die Efraimfamilies was altesaam 32 500 man. Dit was al die Joseffamilies.
38. Die Benjaminfamilies was dié van Bela, Asbel, Agiram,
39. Sefufam en Gufam.
40. Die Belafamilies was dié van Ard en Naäman.
41. Die Benjaminfamilies was altesaam 45 600 man.
42. Die Danfamilie was dié van Sugam en sy nageslag. Dit was die enigste Danfamilie.
43. Die Sugamfamilie was altesaam 64 400 man.